JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL - OPWAARTS

Jacobsdal Primêre Skool - 053 050 5986 - admin@jakkies.com                                                                                                                                                            Copyright © ExperTec 2024



Akademie

By Jacobsdal Primêr streef ons na gehalte-onderrig en om alle leerders maksimaal te ontwikkel.


Assessering vind deurlopend plaas en aan die begin van elke kwartaal word ‘n verslag aan die ouers uitgereik.Assesseringsdatums vir elke kwartaal word ook aan die begin van ‘n kwartaal op die webtuiste geplaas.

 


Remediëring / Didaktiese hulp


Alle leerders word getoets en indien nodig, skakel hulle by die RO-klasse in vir hulp, of die SO-klas (Wiskunde en Afrikaans Gr. 4 en 5).  Didaktiese hulp word ook deurlopend deur die leerkragte vir alle leerders aangebied. Ons is ook bevoorreg om ‘n Inklusiewe Klas te hê, waar ons spesiale kinders kan akkommodeer.

Klasse is verdeel en is nie groter as 25 leerders in ‘n klas nie.  Kinders word jaarliks getoets vir Wiskunde, Lees en Spel.


Mediasentrum


‘n Goed toegeruste mediasentrum is tot die leerders se beskikking om navorsing te doen óf om net lekker te lees.



Top 10


Leerlinge ontvang erkenning vir akademiese prestasies. Aan die begin van elke kwartaal word die top 10-leerders in elke graad aangekondig. Jaarliks ontvang die leerlinge wat presteer, erekleure vir uitnemende prestasie, asook ander toekennings.


 


Inklusiewe Klas