|
VCSV
Gedurende
2011 het ons ‘n tak hier by Jacobsdal Primêr gestig. Daar is
ongeveer 30 leerlinge van Graad 5 tot 7 wat die weeklikse
byeenkomste gereeld bywoon.Jaarliks woon die Graad 7’s ‘n
skoolverwisselingskamp op die Retiefkampterrein naby
Bloemfontein by. Dit word deur die Vrystaat VCSV
aangebied.Ons hoofdoel is om die leerlinge bewus te maak van
God se liefde vir ons, en om hulle Bybelkennis uit te brei.
|
|
 |
|
Koor
Die skoolkoor bestaan uit
ongeveer 50 leerders tussen grade 4 tot 7. Die koor
oefen tydends skoolure. Hulle tree jaarliks by die Noordkaap
Kunstefees, Diamantveld Koorfees, Prysuitdeling en
Kerssangdiens op. Daar word ook ‘n jaarlikse koorkamp
gedurende die tweede kwartaal gehou waar die klem gelê word
op stemoefening en die aanleer van nuwe musiek.
Kinders geniet hierdie kamp verskriklik baie en “koek eet”
is ‘n tradisie. |
|
JUNIOR KOOR |
 |
|
SENIOR KOOR |
|
Musiek
Musiek word tydens en na skool
aangebied, maar wel in ‘n privaat hoedanigheid.
Gedurende 2012 was daar altesaam 35 leerders wat musiek
geneem het, 16 kitaar, 3 blokfluit en 14 klavier.
Leerders kan ook Unisa eksamens aflê in klavier en blokfluit.
|
|
|
Redenaars
Graad 4 tot 7 leerders neem
elke jaar deel aan die redenaars. Die eerste vier uit die
Junior Afdeling (Graad 4 & 5) en die Senior Afdeling (Graad
6 & 7) van die eerste twee kwartale gaan dan deur na die
finale rondte in die derde kwartaal. Hier word die wenners
dan gekies wat ons Junior – en Senior Redenaarbeker op die
prysuitdeling ontvang. . Baie geluk aan elke seun en dogter
wat deelgeneem het.Ons is vreeslik trots op julle.
Redenaarsbestuur 2019
Mev. Elza van Wyk; Anadia Coetzee; CJ Oertel;
Mnr. Jaco Erasmus
|
|
Kunstefees
Jaarliks neem ons aan die
Noord-Kaap Kunstefees in Kimberley deel. Daar is
verskeie afdelings waarin die leerders kan meeding. Dit word
om die beurt in Afrikaans en Engels aangebied
Kategorieë waarin die leerders
kan deelneem:
Instrumentaal:
Leerlinge neem deel in klavier, blokfluit en
kitaar
Vokaal:
Ons skoolkoor neem deel, asook sommige
leerlinge wat solo sing
Drama:
Baie van ons leerlinge neem aan die voordrag
deel. |
|
KUNSTEFEES A++ |
|
Konsert / Revue / Drama
In Oktober
2014 het die Jakkies bietjie rondgedwaal in Sprokiesland.
Dit was egter nie die gewone kinderverhale wat ons as
kinders geken het nie. Elke storie het sy eie kinkel in die
kabel gehad.
Jan (Gr. 1) het nie net boontjies gekry en ryk geword van
die gans met goue eiers nie, maar ook sommer ‘n
skootrekenaar en ‘n playstation gekry.
Skoonlief (Gr. 2) het die voorreg gehad om Jacobs-koffie in
die Ondier se paleis te drink en Rooikappie wou die kollig
steel in die storie van die Drie Bere (Gr. 3).
So was elke storie vol van sy eie verrassings, spesiaal
geskryf deur mev. Clivé Burger.
‘n Suksesvolle aand waar almal weer vir ‘n slag lekker kon
lag en kindwees.
|
Junior Revue |
|
|
Senior Revue |
|
|
Dramaklub |
|
|
Omgewingsvasvra
‘n Jaarlikse kompetisie wat aangebied word
deur
DETEA
(The Department of Economic Development, Tourism and
Environmental Affairs) vir die Graad 6-leerders in die
Vrystaat.
|
|
|
Bybelvasvra
Vir die Nasionale Bybelvasvra,
skryf die graad 5 tot 7 leerlinge ‘n kwalifiserende toets
waarna een of twee spanne gekies word. (‘n Span bestaan uit
vier leerlinge)
Spanne reg oor die land neem
deel in twee rondtes, Mei en Augustus. Hule leer vir
elke rondte ongeveer 20 – 25 Bybelhoofstukke, opgestel uit
die Nuwe en Ou Testament.
Dié twee rondtes se punte word
bymekaar getel en so word die span se plek in die provinsie
bepaal.
|
 |
|
Junior Skaak |
 |
Senior Skaak |
 |