Straatadres:
Jacobsdal Primêre Skool
Piet
Retiefstraat
Posadres:
Posbus
107
JACOBSDAL
8710
Skoolhoof:
Mnr PW Tait
Tel:
053 –
5910039
Faks:
053 –
5910103
Sel:
084
996 4366
e-pos-adresse:
admin@jakkies.com
(Sekretaresse)
skoolhoof@jakkies.com
(Skoolhoof)
fin@jakkies.com
(Finansies)
sport@jakkies.com
(Sportorganiseerder)
|
ONS SKOOL
Boodskap: Mnr.
Pieter Tait – Skoolhoof
Jacobsdal
Primêre Skool is ‘n besonderse skool met ‘n baie ryk
tradisie en hoë waardes. Ons skool is die spog skool in die
Suid Vrystaat en staan glad nie terug vir enige groot en
gevestigde skool in ons onmiddellike omgewing nie. Ons skool
is trots op ons pragtige terrein, sportfasiliteite en ons
waardetuin voeg sommer baie waarde by tot ons voorkoms.
Verder is ons trots op ‘n toegewyde personeelkorps wat
lojaal is teenoor hul kollegas, die ouers en hul kinders.
Ons het ‘n uitstekende bestuurspan wat insluit die Skool
Bestuurspan, die Beheerliggaam, die Koshuiskomitee en die
Ouervereniging en hulle vorm saam ‘n gedugte span wat
hierdie skool met passie bestuur en ontwikkel.
Op akademiese-, sport- en kultuurgebied neem ons skool
regtig die voortou in die Platteland en spog ons jaarliks
met briljante uitslae en suksesse. Ons bure neem kennis van
ons en ons is op almal se lippe. Ons, as Plattelandse skool
met ons min personeel, bied dieselfde en soms meer vir
kinders as wat ouers verwag en hier kry jy waarde vir jou
geld.
Hier heers regtig ‘n wonderlike gees in ons skool en almal
is vir ons ewe belangrik. Ons kinders, ons ouers en ons
gemeenskap ondersteun mekaar en kyk na mekaar want ons besef
maar al te goed dat ons afhanklik van mekaar is.
Die belangrikste van alles is dat ons ons afhanklikheid van
ons Skepper besef en daarom het ons die afgelope jaar so
baie gefokus op ons verhouding met ons Meester en ons eie
waardes. Ons besef ook dat sonder ‘n waardegedrewe
lewensbeskouing ons drome vir die toekoms waardeloos is.
Hier voel elke kind hy of sy “behoort” en dat mooi en goeie
gedrag en houding raakgesien en beloon word. Hier is plek en
begrip vir elke individu.
Ons loop hier met ons hand in God se hand en ons weet dat
ons deel is van Sy groot plan om hierdie skool dié skool in
die Suid Vrystaat uit te sonder as Sy werksplek .
Dankie vir elkeen se bydrae om hierdie ‘n rustige en veilige
vesting te maak vir elke kind, ouer en leerkrag.
Wat bied
Jacobsdal aan?
Akademie:
Akademiese uitnemendheid
Redenaarskompetisies
Deelname aan Olimpiades
Entrepreneursdag vir graad 7
Omgewingsvasvra
Godsdiensonderrig
Liggaamlike Opvoeding
Inklusiewe Onderrig
Remediëring
Sport:
Atletiek en Tweekamp
Rugby & Pienkvoeterugby
Krieket & Mini-krieket
Netbal
Skaak
Tennis
Swem
Gimnastiek
Kultuuraktiwiteite:
Koor
Kunswedstryde
Redenaarskompetisies
VCSV / JKJA
Bybelvasvra
Konsert / Revue
Koshuisinwoning
Professionele Dienste
Klerewinkel
Kammaland ( Gr. R)
Visie
Dié primêre
skool van uitnemendheid
in die Suid
- Vrystaat
Missie
‘n
Afrikaans Christelike fondasie met die fokus
op
uitstaande onderrig en geheelontwikkeling
Slagspreuk
“Opwaarts
Opwaarts” |
Straatadres:
Jacobsdal Primêre Skool
Piet
Retiefstraat
Posadres:
Posbus
107
JACOBSDAL
8710
Skoolhoof:
Mnr PW Tait
Tel:
053 –
5910039
Faks:
053 –
5910103
Sel:
084
996 4366
e-pos-adresse:
admin@jakkies.com
(Sekretaresse)
skoolhoof@jakkies.com
(Skoolhoof)
fin@jakkies.com
(Finansies)
sport@jakkies.com
(Sportorganiseerder)
|