Jacobsdal Primêre Skool is ‘n besonderse skool met ‘n baie ryk tradisie en goeie waardes. Ons skool is die spog skool in die Suid-Vrystaat en staan glad nie terug vir enige groot en gevestigde skool in ons onmiddellike omgewing nie. Ons skool is trots op ons pragtige terrein, sportfasiliteite en ons waardetuin voeg sommer baie waarde by tot ons skool se voorkoms.
Verder is ons trots op ‘n toegewyde personeelkorps wat lojaal is teenoor hul kollegas, die ouers en kinders. Ons het ‘n uitstekende bestuurspan wat insluit die Skool Bestuurspan, die Beheerliggaam, die Koshuiskomitee en die Ouervereniging en hulle vorm saam ‘n gedugte span wat hierdie skool met passie bestuur en ontwikkel.

Op akademiese-, sport- en kultuurgebied neem ons skool regtig die voortou in die Platteland en spog ons jaarliks met briljante uitslae en suksesse. Ons bure neem kennis van ons en ons is op almal se lippe. Ons, as Plattelandse skool met ons min personeel, bied dieselfde en soms meer vir kinders as wat ouers verwag en hier kry jy waarde vir jou geld.
Hier heers regtig ‘n wonderlike opbouende gees in ons skool en almal is vir ons ewe belangrik. Ons kinders, ons ouers en ons gemeenskap ondersteun mekaar en kyk na mekaar want ons besef maar al te goed dat ons afhanklik van mekaar is.
Die belangrikste van alles is dat ons ons afhanklikheid van ons Skepper besef en daarom het ons die afgelope jaar so baie gefokus op ons verhouding met ons Meester en ons eie waardes. Ons besef ook dat sonder ‘n waardegedrewe lewensbeskouing ons drome vir die toekoms waardeloos is. Hier voel elke kind hy of sy “behoort” en dat mooi en goeie gedrag en houding raakgesien en beloon word. Hier is plek en begrip vir elke individu.
Ons loop hier met ons hand in God se hand en ons weet dat ons deel is van Sy groot plan om hierdie skool dié skool in die Suid-Vrystaat uit te sonder as Sy werksplek .
Dankie vir elkeen se bydrae om hierdie ‘n rustige en veilige vesting te maak vir elke kind, ouer en leerkrag.
Hier volg ons laaste fondsinsamelingsprojek vir 2026. Vir slegs R20 per lootjie kan jy ‘n kans staan om die volgende pryse te wen: • Eland ter waarde van R8 000 • Gemsbok ter waarde van R5 000 • Blesbok ter waarde van R2 000
Die skool sal vanaf Maandag, 21 September om 08:00 begin vir alle leerders en op die volgende tye verdaag: • Graad R tot 3 – 12:00 • Graad 4 tot 7 – 13:00
Die gr 3 A en 6 A leerders skryf op 7 – 8 Oktober SASE toetse (SA Systematic Evaluation) wat ‘n departementele vereiste is. 7 Oktober – Wiskunde 8 Oktober - Afrikaans Hulle gaan in klasse skryf. Almal moet asb. teenwoordig wees.
Amptelike Kommunikasie
Nuusbrief: Vrydae sal nuusbriewe vanaf die skool op dié webwerf beskikbaar wees.
Ander belangrike inligting mag ook van tyd tot tyd gedurende die week op ons WhatsApp groepe gedeel word.
Kwartaalprogram / Buitemuurse Rooster: Alle skoolaktiwiteite en ouervergaderings word op die kalender, wat aan die begin van elke kwartaal beskikbaar gestel word, aangedui. Die kwartaalprogram is ook op dié webwerf beskikbaar.
Let Wel: Sommige datums mag deur die loop van die kwartaal / jaar verander.
Skool- en koshuisgelde vir die jaar moet maandeliks vooruitbetaal word op die eerste dag van elke maand.
Leerders en ouers ontvang aan die begin van elke jaar ‘n gedragskode wat hulle moet bestudeer en onderteken.
SKOOL SLUIT

Days
Hours
Minutes
Seconds